
Reëls

SARIE Matriekafskeidrok van die Jaar: Hier’s jou reëls
- Om in te skryf moet jy tussen graad 10 en 12 wees.
- Jy moet ook ’n burger van SA of Namibië wees, en in een van dié lande woon. Die Matriekafskeid moet in 2023 plaasvind.
- Jy mag deur iemand anders (ma, vriendin, enigiemand anders) ingeskryf word.
- Skryf met drie verskillende foto’s in op matriekrok.sarie.com. Jou foto’s moet in die formaat van ’n JPEG of PNG wees, en dit moet kleiner as 4 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie. Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie.
- Inskrywings maak oop op Donderdag 18 Augustus 2023 en sluit Woensdag 3 November 2023 om 23:59.
- 10 semifinaliste word gekies: Die beoordelaars kies 7, PLUS SARIE-lesers kies 3 deur op matriekrok.sarie.com te stem.
- SARIE-lesers kan vir hulle gunstelingrok van 18 Augustus tot 3 November 2023 stem. Die top 10 finaliste word op matriekrok.sarie.com en SARIE.com op 24 November aangekondig. ’n Maksimum van een stem per kieser word per dag toegelaat.
- Geen gerekenariseerde of geoutomatiseerde stemme (“bots”) sal in aanmerking geneem word nie.
- Die wenner, gekies deur die beoordelaars en SARIE LESER-stemme, word 2 Desember aangekondig op SARIE.com.
- Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie. Die wenner se selfverskafde foto’s sal in SARIE se Januarie/Februarie-uitgawe verskyn.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere kommunikasie sal plaasvind nie.
- LW: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.
- Alle bepalings en voorwaardes geld. Leer hiér meer daaroor: www.netwerk24.com/Bladsye/Gebruikersvoorwaardes/BEPALINGS-VOORWAARDES-20151030