Dis Matriekafskeid-seisoen en SARIE is opsoek na die mooiste rok!

Dis tyd om die swart skoolskoene uit te skop en die hakskoene nader te trek – dis die jaar om uit te blink. Vanjaar soek SARIE weer die land se mooiste matriekafskeidrok.

Pryse

Dis weer die seisoen waaroor hoërskoolmeisies droom – daardie spesiale aand wanneer dit jóú beurt op die rooitapyt is. Die nuwe SARIE Matriekafskeidrok van die Jaar-wedstryd gee aan SARIE se jonger lesers die geleentheid om met hulle rokke te spog en te inspireer binne die veiligheid van die SARIE-gemeenskap. Die wedstryd, waarvan die groot prys is om in SARIE se Januarie/Februarie-uitgawe te verskyn, was so suksesvol vorige jare dat dit vanjaar weer gehou word.

Hoe dit werk

Teken in vir slegs R100 en kry toegang tot skoonheid en modeberigte spesiaal uitgesoek vir tieners asook die geleentheid om gratis vir die Matriekafskeidrok van die Jaar-kompetisie in te skryf.

Teken nou in vir al SARIE se wenke en raad!

Onlangse berigte