Zietske Hayward
Potchefstroom Gimnasium
Ouderdom
17
Skool
Potchefstroom Gimnasium
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rokkeuse en die ontwerp het voortgespruit uit die idee om nie net in te pas nie, maar uit te staan – om iets te dra wat uniek is en my persoonlikheid en selfvertroue weerspieël.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geel gekies en die die ontwerp omdat dit vir my ’n kleur van vreugde, lig en die begin van nuwe avontuur oppad. Dit simboliseer die son, warmte en positief wees – presies hoe ek gevoel het oor hierdie spesiale aand wat ’n einde aan een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een beteken het.
Geel het my laat uitstaan, maar op ’n sagte en gelukkige manier. Dis ’n kleur wat mense laat glimlag, en dit herinner my daaraan om altyd lig en vrolikheid saam met my te dra, maak nie saak waarheen die lewe my neem nie.
Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar moes iets van my persoonlikheid wys – my liefde vir lewe, vir mense, en vir die mooi dinge om my. Geel was die perfekte keuse om daardie deel van myself te vier.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
As ek eerlik moet wees, dink ek ek het van elke deel van my rok gehou – die vloei van die materiaal, en hoe die bostuk die onderste gedeelte perfek gekomplimenteer het. Alles het saam ’n balans van elegansie en eenvoud geskep wat vir my besonders gevoel het
Datum van matriekafskeid
2025-10-02