Xandri Barkhuizen
Hoërskool Centurion
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Centurion
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek voel my rok het die perfekte balans – elegant, maar met ’n bietjie drama. Die rooi kleur vang dadelik jou oog en straal tydlose elegansie uit. Die noupassende silhoeët beklemtoon my figuur op ’n stylvolle manier, terwyl die fyn kantdetail oor die hele rok ’n gevoel van verfynde luuksheid gee.
Die dun bandjies met geborduurde blaartjies voeg ’n sagte, vroulike aanraking by, en die hoë slit aan die voorkant bring ’n moderne, selfversekerde flair in die geheel. Die vloeiende trein aan die agterkant gee die rok daardie onvergeetlike, dramatiese afwerking.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is geseënd met drie oumas, en nadat ek verlede jaar vir ’n geleentheid rooi moes aantrek, het hulle my keer op keer herinner hoe perfek rooi by my pas. Ek kon hulle nie teleurstel nie.
Die oomblik toe ek my droomrok raakgesien het, was ek oortuig dis die rok vir my. Ek het daardie Vrydagmiddag na skool die Gauteng-verkeer aangedurf om dit in lewende lywe te sien. Toe ek die rok aanpas, het ek net geweet: geen ander rok gaan ooit goed genoeg wees vir my nie!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rooi kleur! Dit is die kleur van energie, opwinding en avontuur. Wanneer jy rooi sien, voel alles lewendig en vol lewenslus. Dit laat jou hart vinniger klop en nooi jou uit om die oomblik ten volle te geniet.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03