Kylie Steenkamp
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
13 Jaar terug was ek n blommemeisie by my tannie se troue, as dogtertjie het ek gedink, dat sy soos die mooiste prinses gelyk het. Nooit het ek gedink dat dieselfde ontwerper met my matriekafskeid my ook soos n prinses sou laat voel het nie. Heinrich Greyling is n ontwerper van Pretoria wat in April maand ,van die jaar, Australia toe geemigreer het. Heinrich het werklik my eenkeer gemeet, hy het vir ons n toetspakkie gestuur, om die finale meetings te bevestig en ek het my rok vir n eertse keer n maand voor die matriekafskeid gesien. Vier dae voor my matriekafskeid kon ek eers my rok aantrek en soos n handskoen, het dit perfek gepas.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die dag toe ek Heinrich gaan sien het, het ek geen idee gehad oor hoe my rok moes lyk nie. Ek wou net die illusie skep van tydloos en elegant. Ons het gesit en gesels en hy het my baie uitgevra wat my stokperdjies en passie in die lewe is. Ek het hom vertel dat ek vir jare lank al dans en hoe ek so n deel van my na die matriekafskeid toe wil vat, wat niemand my al in gesien het nie. Soos wat ek vir hom my kostuums gewys het, het hy dadelik ingespring en sketse begin teken. Hy het geluister na alles wat ek van hou en wat ek graag wou hê, soos die oop rug van die rok, die krale werk, die glam en die glits, terwyl dit nogsteeds by my pas en grasieus lyk.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die betekenis agter my matriekafskeidrok is die van n hoofstuk wat op n hoogtepunt afgesluit word. Ek was na baie dinee's toe en het elke keer spesiaal gevoel, maar met hierdie rok was dit meer as net n kledingstuk, dit was n simbool van jare se droom, van hoe ek moontlik kan lyk,geestelike groei en die oorgang na volwassenheid. Dit is n mylpaal van die einde van hierdie hoofstuk en die begin van n nuwe avontuur. Toe ek daardie rok aantrek, toe voel dit asof al my drome, hoop en harde werk in een pragtige oomblik saamgesmelt het. Die rok het my laat dink aan glans, elegansie en selfvertroue- alles wat ek wou uitstraal op daardie spesiale aand.
Die rok self is n asemrowende meesterstuk, dit glinster in die lig met elke beweging wat ek maak, soos duisende klein sterre wat oor my gly. Die materiaal is sag en lig,maar vol warm detail-met fyn krale wat in ingewikkelde patrone oor die rok versprei is, die kleure se sagte sjampanje wat perfek by my pas. Die rok val elegant oor my liggaam en die deursigtige lae skep n sprokiesagtige gevoel. Elke handgewerkte stekie en glansende draad vertel sy eie storie van styl,grasie en tydlose skoonheid.
My voorkoms en elke detail vir my matriekafskeid is deurdag en verfyn. My hare is netjies in n elegante styl, wat my gesig mooi raam en my oorbelle beklemtoon. Die oorbelle is opvallend, wat perfek aansluit by die glans van die rok. Die gremeering is sag, tog glansend, n kombinasie van natuurlike kleure met n tikkie goud, om my oë te laat uitstaan. Die skoene is delikaat en eenvoudig, maar vol klas. Selfs die motor en die Sand du Plessis teater waar die foto's geneem is, het bygedra tot die volmaakte prentjie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Toe ek uit die kar klim en daardie eerste paar tree neem het ek geweet dat hierdie die oomblik gaan wees wat ek nooit sal vergeet nie. My rok, my glimlag, my selfvertroue- alles het saamgewerk om my te laat voel asof ek op die mooiste pad van my lewe staan. Hierdie rok is nie net iets wat ek gedra het nie, dit is iets wat my herinner aan wie ek is, hoe ver ek gekom het, en hoe helder my toekoms skyn.
Planne vir na matriek
Ek gaan volgende jaar LLB in Pretoria by Akademia studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Pampoenkoets- iets sprokiesagtig of pret
Datum van matriekafskeid
2025-10-02