Kylie Steenkamp

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Pampoenkoets- iets sprokiesagtig of pret

What was your inspiration for your matric prom dress?

Die dag toe ek Heinrich gaan sien het, het ek geen idee gehad oor hoe my rok moes lyk nie. Ek wou net die illusie skep van tydloos en elegant. Ons het gesit en gesels en hy het my baie uitgevra wat my stokperdjies en passie in die lewe is. Ek het hom vertel dat ek vir jare lank al dans en hoe ek so n deel van my na die matriekafskeid toe wil vat, wat niemand my al in gesien het nie. Soos wat ek vir hom my kostuums gewys het, het hy dadelik ingespring en sketse begin teken. Hy het geluister na alles wat ek van hou en wat ek graag wou hê, soos die oop rug van die rok, die krale werk, die glam en die glits, terwyl dit nogsteeds by my pas en grasieus lyk.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Die betekenis agter my matriekafskeidrok is die van n hoofstuk wat op n hoogtepunt afgesluit word. Ek was na baie dinee's toe en het elke keer spesiaal gevoel, maar met hierdie rok was dit meer as net n kledingstuk, dit was n simbool van jare se droom, van hoe ek moontlik kan lyk,geestelike groei en die oorgang na volwassenheid. Dit is n mylpaal van die einde van hierdie hoofstuk en die begin van n nuwe avontuur. Toe ek daardie rok aantrek, toe voel dit asof al my drome, hoop en harde werk in een pragtige oomblik saamgesmelt het. Die rok het my laat dink aan glans, elegansie en selfvertroue- alles wat ek wou uitstraal op daardie spesiale aand. Die rok self is n asemrowende meesterstuk, dit glinster in die lig met elke beweging wat ek maak, soos duisende klein sterre wat oor my gly. Die materiaal is sag en lig,maar vol warm detail-met fyn krale wat in ingewikkelde patrone oor die rok versprei is, die kleure se sagte sjampanje wat perfek by my pas. Die rok val elegant oor my liggaam en die deursigtige lae skep n sprokiesagtige gevoel. Elke handgewerkte stekie en glansende draad vertel sy eie storie van styl,grasie en tydlose skoonheid. My voorkoms en elke detail vir my matriekafskeid is deurdag en verfyn. My hare is netjies in n elegante styl, wat my gesig mooi raam en my oorbelle beklemtoon. Die oorbelle is opvallend, wat perfek aansluit by die glans van die rok. Die gremeering is sag, tog glansend, n kombinasie van natuurlike kleure met n tikkie goud, om my oë te laat uitstaan. Die skoene is delikaat en eenvoudig, maar vol klas. Selfs die motor en die Sand du Plessis teater waar die foto's geneem is, het bygedra tot die volmaakte prentjie.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media