Kaylin Booysen
Hoërskool Sentraal
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Hoërskool Sentraal
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het deur n klomp prentjies van rokke iets ontwerp wat by my styl pas en dit is gemaak deur Scheugnet Designs.
Die "turquois" kleur het vir my uitgestaan aangesien dit nie net aandag trek nie maar stylvol lyk en my groen oë uitbring en die beste by my vel pas.
Ek is mal oor die korsetstyl, ooprug met fyn dubbel bandtjies agter.
Die rok is plein materiaal, ek verkies dit meer as te veel "detail"
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was oorsproklik net wie ek is, iets waarvan ek hou en wat by my pas.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Wat my rok vir my beteken is die einde van my skoolloopbaan maar ook die bgin van my grootmens lewe.
Net die gedagte dat dit 12jaar gneem het om pragtig te voel in my rok wat ek self ontwerp het en kon uitstraal
daarin toe ek hand aan hand saam met my kerel op die rooi tapyt stap met n breë glimlag en sien hoe trots my ouers,
broer en suster na my kyk. My ma se smile was uit diepe trots en dit het baie vir my beteken, ek wil ook net dankie se aan ons Vader wat my lewe gespaar het en vir my goeie ouers wat altyd daar is vir my.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was om in my rok te wees, soos n prinses gevoel en saam met my kerel die rooi tapyt deur te stap.
Die aand spandeer saam met my al my vriende en vriendinne.
Planne vir na matriek
Ek beplan om te gaan aupair oorsee.
Ek wil graag skoonheid studeer en my eie salon oopmaak as n gekwalifiseerde beautician.
Dit verg harde werk maar dit is waarna ek uitsien, om my droom te bereik en die paadtjie te stap totdat ek bo uitkom.
Gunsteling woord in Afrikaans
Respek
Datum van matriekafskeid
2025-10-04