KAYLA LOMBARD

HOERSKOOL BRITS

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was gemaak deur Ninette Joubert van Natalia Jefferys. Ek het nie presies geweet watter styl ek wou he nie, maar ek was doodseker van die kleur. Tannie Ninette het my gehelp met idees en alles het net mooi by een gekom. Die woord om my rok te beskryf is "prinsesstyl", ek het soos 'n pragtige prinses gevoel op my matriekafskeidsdag. My rok was gemaak van 'n luukse satyn materiaal, dit glinster sag onder die lig, wat 'n elegante en gesofistikeerde voorkoms geskep het, die bokant van die satyn was ook gedek met 'n sagte Tulle materiaal. Die Korset top gedeelte was versier met kralewerk, paillette en diamantes wat 'n tikkie sprankel en glans bygevoeg het sonder om die ontwerp van die rok te oorweldig en het die mooiste toeryg ruggie gehad. Die vloeiende rompgedeelte het grasieus na die vloer geval, wat maklike beweging en 'n romantiese effek moontlik gemaak het terwyl ek loop. Die kleur van my rok was "ROSE GOLD" en het 'n gevoel van tydlose elegansie gewek, wat dit 'n perfekte keuse vir my gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

JA

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie geweet watter styl ek wou he nie, maar ek het geweet ek wou 'n sagte, klassieke, en stylvolle rok,gehad het wat ook by my sagte persoonlikheid sou pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die korset ontwerp met die toeryg ruggie en die "BLING"

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media