Kayla Lombard
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Alhoewel ek nog altyd ’n bietjie skaam en teruggetrokke was, het ek nog altyd daarvan gehou om mooi aan te trek, myself mooi te maak en op ’n subtiele manier uit te staan. Deur die jare het ek baie komplimente oor my oë ontvang, en daarom het ek geweet dat ek ’n rok wou hê wat my oë sou beklemtoon. Die diep emeraldgroen kleur was die perfekte keuse. Dit is ’n kleur wat ’n sterk indruk maak, maar terselfdertyd ook my oë beklemtoon en laat uitstaan. Dit is ’n kleur wat my deursettingsvermoë en innerlike krag verteenwoordig. Die bling en glans van die paillette weerspieël my liefde vir styl, besonderse detail en alles wat mooi is. Ek het geweet ek wou nie net enige rok hê nie; ek wou ’n rok hê wat glinster, ’n blywende indruk maak en iets besonders en uniek is. Ek wou hê my rok moes vir homself praat – ’n rok wat elegant, opvallend en sprankelend is, maar steeds sag en vroulik bly. Die rok moes my nie verander nie, maar eerder ’n ander kant van my persoonlikheid na vore bring: die kant wat daarvan hou om mooi te voel, selfvertroue uit te straal en my eie lig te laat skyn.
