Elzé Hamman

Hoërskool Stella

Tuisdorp

Stella / Tosca

Skool

Hoërskool Stella

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Tannie Enid Becken, ń besonderse mens gehuisves in Swheizer Reneke – is verantwoordelik vir my lewenslange droom, wat nóú realiteit is. Sy het met baie sorg, liefde en passie my pragtige rok by haar huisie aanmekaar gesit, waar die res van die proses ook plaasgevind het. Dis ook daar, waar ek my droom gaan oplaai het, en nou is hang daardie droom vir altyd in my kas.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is ongelooflik lief vir die natuur. Dis waar ek vrede en inspirasie vind. My rokkie weerspieël wie ek as mens is: geesdriftig, vriendelik en vol lewe. Die sagte natuurlike kleure en vloeiende materiaal simboliseer vryheid, groei en eenvoud, dinge wat my hart die meeste beskryf. Dit was vir my belangrik dat my rok nie net mooi is nie, maar dat dit iets van my siel wys.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vir my, beteken my rokkie baie (om die minste te sê) maar vir baba Zé beteken hierdie rok soveel meer. Vir haar, beteken hierdie rok drome van ń leeftyd. Haar leeftyd. Haar lewe. Die patrone op die kant simboliseer haar – haar geloof, haar menswees en al haar wildste drome. Die lang moue dra ń leeftyd se emosies, ń leeftyd se hartklop, dit dra oomblikke van broosheid en oomblikke van geluk – alles gebind aan haar sagte hartjie. Die oop magie, is ń herinnering aan die tyd toe sy met baie selfvertroue, haar boeppensie kon ‘af show’, sonder skaamte. Die afloop en sleep van die rok is ń simbool van ń leeftyd vol herinneringe, groei, lesse en hoe dit haar gevorm het in die persoon wie sy vandag is. Baba Zé, hierdie rok beteken vir my baie – ek hoop ek kon jou verwagtinge en drome oortref met elke stukkie beplanning wat in hierdie rok van jou in gegaan het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Elke.Liewe.Oomblik.Was.Onvervangbaar. Die huildronk op die matrieks was spesifiek een van die hoogtepunte vir my. Juffrou Ria, ons taal juffrou het ons graad 12 gedigte gebruik om ń besonderse mooi toespraak aan mekaar te sit. Dit het my laat besef dat elke oomblik van ons miljoene afrikaase priodes by haar, wel die moeite werd was, en dat elke traantjie, elke skaterlag, elke gebuigde hoof, elke gevoel van moedeloosheid, en elke-liewe-herinnering absoluut die moeite werd was. En in daardie oomblik, daardie kosbare stukkie tyd – het ek besef hoe geseënd ek is. En in daardie oomblik, het ek geweet – ons het dit gemaak.

Planne vir na matriek

Ek gaan ń onnie word. Ek is baie lief vir klein kindertjies.

Gunsteling woord in Afrikaans

Skaterlag

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media