Elzé Hamman
Hoërskool Stella
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Skaterlag
What was your inspiration for your matric prom dress?
Ek is ongelooflik lief vir die natuur. Dis waar ek vrede en inspirasie vind. My rokkie weerspieël wie ek as mens is: geesdriftig, vriendelik en vol lewe. Die sagte natuurlike kleure en vloeiende materiaal simboliseer vryheid, groei en eenvoud, dinge wat my hart die meeste beskryf. Dit was vir my belangrik dat my rok nie net mooi is nie, maar dat dit iets van my siel wys.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Vir my, beteken my rokkie baie (om die minste te sê) maar vir baba Zé beteken hierdie rok soveel meer. Vir haar, beteken hierdie rok drome van ń leeftyd. Haar leeftyd. Haar lewe. Die patrone op die kant simboliseer haar – haar geloof, haar menswees en al haar wildste drome. Die lang moue dra ń leeftyd se emosies, ń leeftyd se hartklop, dit dra oomblikke van broosheid en oomblikke van geluk – alles gebind aan haar sagte hartjie. Die oop magie, is ń herinnering aan die tyd toe sy met baie selfvertroue, haar boeppensie kon ‘af show’, sonder skaamte. Die afloop en sleep van die rok is ń simbool van ń leeftyd vol herinneringe, groei, lesse en hoe dit haar gevorm het in die persoon wie sy vandag is.
Baba Zé, hierdie rok beteken vir my baie – ek hoop ek kon jou verwagtinge en drome oortref met elke stukkie beplanning wat in hierdie rok van jou in gegaan het.
Date of matric farewell?
2025-10-02