Elri Bester

HTS Middelburg

Tuisdorp

Middelburg

Skool

HTS Middelburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeid rok was 'n laaste minuut kopie op Shein. Hy was nie laat maak nie, maar eerder bestel en afgelewer.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok le agter 'n hele paar gebroke drome en teleurstelling. Ek het n rok gehad wat ek gedroom het van. N navy blou (my gunsteling kleur) met blommietjie patroon en die figuur van my lyf af show. So ek het in gestem laat my droom rok hand gemaak moet word. Dit was 'n groot fout. My rok het terug gekom. Klaar betaal maar gladnie wat ek wou hê nie. Dit wasnie die regte kleur nie, gladnie hoe hy moes lyk nie en die rok was ook nie eers ordentlik gewerk nie. Dit was 'n maand voor my matriekafskeid maar my rok was een groot boggerop. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek kan nie matriekafskeid toe gaan met 'n rok wat so sleg lyk nie. Ek was teleurstellend en harteer. Ek het naderhand gedink ek moet net my matriekafskeid kanseleer en sê ek gaan nie meer nie. Ek het toe met die hulp van my ma die moed bymekaar geskraap en ons laaste opsie aangepak. N rok aan lyn koop. Ek het op Shein gegaan en gaan soek. 3 dae wat ek niks kry waarvan ek hou nie. Niks wat by my droom rok pas nie, maar toe kry ek hom. My droom rok. Navy blou, blommetjies patroon en hy wys my figuur. Ek het dadelik geweet dis die een en sonder huiwer het ek hom bestel. Binne 4 dae was hy voor my deur en hy het gepas asof hy hand gemaak was vir my. My rok was net n wonderwerk.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok beteken vir my meer as woorde kan beskryf. Dit was my lig aan die einde van my donker tonnel. Die rok was vir my 'n bewys dat daar altyd 'n silver randjie om 'n donker wolk is, dat ek moet bly vashou aan my drome maak nie saak oor die hoeveelheid teleurstelling wat ek dalk mag tee kom nie. My rok het vir my nuwe hoop gegee. Iets wat niemand sal verstaan nie. N hoop wat jou binne n oogwink uit die diepste donker laat opstaan.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Daar was meer as een hoogtepunt vir my by die matriekafskeid, maar die beste een moet ek se was die terugvoering op my rok wat ek gekry het. Die uitdrukking op my vriende se gesigte toe hulle my sien in 'n rok wat glad nie lyk soos wat ek hulle gewys het aan die begin van die jaar nie was vir my merkwaardig. Die komplimente wat hulle gelewer het oor hoe goed die rok by my pas en dat dit die beter keuse was het my so terus gestel. Mede skoliere met wie ek nooit oor die jare gepraat het nie het ma my toe gekom en my gekomplimenteer op my mooi rok. Onderwysers wat moes vra vir sekerheid of dit ek was want hulle het my nie herken nie. My kêrel was so stom geslaan was toe hy my die eerste keer in my rok sien daardie aand. Dis my hoogtepunt van my matriekafskeid.

Planne vir na matriek

My planne vir na matriek is heel eenvoudig. Eks lief vir die natuur en dis presies waar ek wou wees. Van 'n baie jong ouderdom het ek geweet wat ek wil word en wat ek gaan doen. Sonder huiwer staan ek nogsteeds bank vas agter my droom. Ek wil met diere werk so ek het besluit om na matriek rehabilitasie werk met diere te gaan studeer. Ek gaan 'n 3jaar kursus doen en my graad kry by Sondela Accadamy. Daarna het ek 'n opsie van 2 waaruit ek kan kies wat om verder met my lewe te doen. Opsie 1 is om 'n werk te gaan soek waar ek my passie en droom kan gaan uitleef. Opsie 2 is dan nou waar ek my eie rehabilitasie sentrum open en vir almal wat dit nie kan bekostig om die uitspattige pryse van diere medikasie en mediese sorg te kan betaal nie, die geleentheid te bied om hulle diere te versorg. Ek glo almal het die reg om hulle diere te kan versorg en dat dit nie regverdig is om jou dier te laat ly net omdat jy nie mediese sorg vir hulle kan bekostig nie. Dis waarom ek 'n sentrum wil oop maak om almal te help en my passie te kan uitleef.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fenomenaal

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media