Elri Bester

HTS Middelburg

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Fenomenaal

What was your inspiration for your matric prom dress?

Die inspirasie agter my rok le agter 'n hele paar gebroke drome en teleurstelling. Ek het n rok gehad wat ek gedroom het van. N navy blou (my gunsteling kleur) met blommietjie patroon en die figuur van my lyf af show. So ek het in gestem laat my droom rok hand gemaak moet word. Dit was 'n groot fout. My rok het terug gekom. Klaar betaal maar gladnie wat ek wou hê nie. Dit wasnie die regte kleur nie, gladnie hoe hy moes lyk nie en die rok was ook nie eers ordentlik gewerk nie. Dit was 'n maand voor my matriekafskeid maar my rok was een groot boggerop. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek kan nie matriekafskeid toe gaan met 'n rok wat so sleg lyk nie. Ek was teleurstellend en harteer. Ek het naderhand gedink ek moet net my matriekafskeid kanseleer en sê ek gaan nie meer nie. Ek het toe met die hulp van my ma die moed bymekaar geskraap en ons laaste opsie aangepak. N rok aan lyn koop. Ek het op Shein gegaan en gaan soek. 3 dae wat ek niks kry waarvan ek hou nie. Niks wat by my droom rok pas nie, maar toe kry ek hom. My droom rok. Navy blou, blommetjies patroon en hy wys my figuur. Ek het dadelik geweet dis die een en sonder huiwer het ek hom bestel. Binne 4 dae was hy voor my deur en hy het gepas asof hy hand gemaak was vir my. My rok was net n wonderwerk.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My matriekafskeid rok beteken vir my meer as woorde kan beskryf. Dit was my lig aan die einde van my donker tonnel. Die rok was vir my 'n bewys dat daar altyd 'n silver randjie om 'n donker wolk is, dat ek moet bly vashou aan my drome maak nie saak oor die hoeveelheid teleurstelling wat ek dalk mag tee kom nie. My rok het vir my nuwe hoop gegee. Iets wat niemand sal verstaan nie. N hoop wat jou binne n oogwink uit die diepste donker laat opstaan.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media