Danielle van der Westhuizen

Die Hoërskool Menlopark

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Willem Terblanche Couture “Wees net jouself…en jou rok praat namens jou” wat he altyd sê

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het al 4 jaar lank die idee van hoe my rok moet lyk in my kop gehad. Dis ek eenvoudig maar spesiaal. Die kleur bietjie nostalgies, dit was presies dieselfde kleur as my ouma se bruilof 52 jaar gelede. Die kralewerk is besonders fyn en kosbaar soos my hart. Die rug van my rok sowel as die kleur is presies dieselfde as hoe my my ma se rok op haar sussie se troue gelyk het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die tema van ons matriekafskeid was “Koninklik” en almal wat my ken is gewoond aan Danielle in haar sportklere en tekkies. My rok was gemaklik soos my persoonlikheid en dis hoekom ek soos my eie moderne prinses gevoel het. Dit was lekker om die mense se gesiguitdrukking te sien toe hulle my die eerste keer gesien het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

“Die hele dag” Vandat ek my oë oopgemaak het en my Golden Retriever voor my gesit het met n blommetjie in haar mond tot laat die aand. Alles was net perfek die dag. Almal om my het die dag saam my geniet. My metgesel Ruvan het my dag ekstra spesiaal gemaak. Ek wil net vir my ma en pa baie dankie sê vir alles wat hulle op die dag vir my gedoen het.

Planne vir na matriek

Ek gaan na matriek studeer by Tukkies, Bed grondslagfase en verdere sielkunde byvoeg vir finale sports sielkunde. Ek het n groot passie vir sport en om met kinders te werk.

Gunsteling woord in Afrikaans

Skotte Petoors (my bynaam in netbal)

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media