Chloe Nel
Hoërskool Waterkloof
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Waterkloof
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok se ontwerp en kleur pas by my persoonlikheid en geaardheid. Stylvol, elegant, en sag soos my persoonlikheid. Ek is ‘n sagte mens, met ‘n sagte hart en gees!
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Vir my matriekafskeid het ek ‘n sagte rosegold noupassende rok gekies wat styf teen my lyf pas. Die bolyf is bedek met sprankelende kristalle wat ongelooflik mooi is. Rosegold simboliseer nie net die romanse en elegansie nie maar weerspieël my persoonlikheid: warm en glinsterend. Die rok
beklemtoon my figuur op ‘n pragtige manier, terwyl
die sagte kleur ‘n gevoel van warmte en romantiek uitstraal. Die kristalle vang die lig op en voeg ‘n tikkie glans by elke beweging. Dit voel reg om iets te dra wat my stil en kalm siel omarm, terwyl ek skyn op my matriekafskeid aand!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Defnitief my bolyf met kristalle! My veltoon is ligbruin en my bolyf slank. Die kristalle beklemtoon my slanke bolyf veral my nek en skouers.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02