Ek het geweet ek wil iets hê wat nie net nog ń swart rok is nie, maar ń weerspieëling van wie ek is.Iets wat my liefde vir drama, styl en detail vasvang.
Hierdie rok het begin as ń droom, geïnspireer deur ń enkele beeld wat my aandag dadelik gevang het.Toe ek dit aan my ontwerper wys, het sy met ongelooflike talent en insig daardie droom in ń werklikheid omskep.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok simboliseer vir my nie net selfvertroue nie, maar ook my toetreding tot volwassenheid.Dit was die perfekte uitdrukking van hoe ek voel, sterk, mooi en gereed vir die volgende hoofstuk van my lewe . Die rok het ń besonderse betekenis omdat dit ń mylpaal verteenwoordig wat my herinner aan al die groei en ervarings wat my gevorm het.Deur hierdie rok te dra, het ek nie net ń stylvolle keuse gemaak nie, maar ook ń belangrike lewensfase gevier.