Carla Steenkamp
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Tuisdorp
Kempton Park
Skool
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lizan Zondagh Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geweet ek wil iets hê wat nie net nog ń swart rok is nie, maar ń weerspieëling van wie ek is.Iets wat my liefde vir drama, styl en detail vasvang.
Hierdie rok het begin as ń droom, geïnspireer deur ń enkele beeld wat my aandag dadelik gevang het.Toe ek dit aan my ontwerper wys, het sy met ongelooflike talent en insig daardie droom in ń werklikheid omskep.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok simboliseer vir my nie net selfvertroue nie, maar ook my toetreding tot volwassenheid.Dit was die perfekte uitdrukking van hoe ek voel, sterk, mooi en gereed vir die volgende hoofstuk van my lewe . Die rok het ń besonderse betekenis omdat dit ń mylpaal verteenwoordig wat my herinner aan al die groei en ervarings wat my gevorm het.Deur hierdie rok te dra, het ek nie net ń stylvolle keuse gemaak nie, maar ook ń belangrike lewensfase gevier.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om my rok te dra en te voel soos ń jong, selfversekerde dame.
Planne vir na matriek
Na matriek wil ek verder gaan studeer en my drome volg.Ek wil iets doen waaroor ek regtig passievol is, iets wat my inspireer en my laat groei, nie net ń werk is nie, maar ń lewe waarin ek my volle potensiaal kan bereik
Gunsteling woord in Afrikaans
Ontsagwekkend
Datum van matriekafskeid
2025-10-07