Mardie Mulder
Hoërskool Swartland
Tuisdorp
Malmesbury
Skool
Hoërskool Swartland
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Renier Williers, n ou wat matriek afskeid en trou rokke maak in Malmesbury, het my rok gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Oorspronklik sou ek n pienk rok gehad het, omdat pienk my gunsteling kleur is al vanaf ek klein is. My idee het baie vinnig verander toe my ouma oorlede is April 2025. Ek het toe besluit om n deel van haar saam met my te dra op my matriek afskeid. Haar gunsteling kleur was wynrooi, daarom het ek op n wynrooi rok besluit.
Die "princess gown" effek van my rok is iets waarvan ek nog altyd gehou het, veral hoe dit in die rondte draai as ek dans.
Die strikkie agter op my rok is my gunsteling deel van die rok want ek was nog altyd mal oor groot strikkies.
Die silwer belt op my rok bring elegansie in, en ek voel dit bring die hele idee van die rok bymekaar.
My rok verteenwoordig nie net wie ek is as persoon nie, maar ook wie die belangrikste persoon in my lewe was, en dit was my ouma. Ek is so dankbaar ek kon haar saam met my dra op my spesiale dag.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir my, beteken my matriek afskeid rok meer as net n rok wat ek vir een dag gedra het.
Ek sien dit as n opsomming van wie ek is, waarvan ek hou, en iets waarna ek kan terug kyk in die toekoms.
Dit is iets wat ek vir my kinders eendag kan wys, en die belangrikste is dat die rok my aan my ouma herinner. Ek weet sy sou mal gewees het oor die rok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van die matriek afskeid was beslis om klaar te maak. Van my haar afspraak, na my grimering, na uiteindelik my rok aan te trek en te sien hoe alles bymekaar kom.
Planne vir na matriek
Ek beplan om n gap jaar te vat en te gaan werk.
Na my gap jaar wil ek graag event planning gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Koester
Datum van matriekafskeid
2025-10-02