Mardie Mulder

Hoërskool Swartland

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

Koester

What was your inspiration for your matric prom dress?

Oorspronklik sou ek n pienk rok gehad het, omdat pienk my gunsteling kleur is al vanaf ek klein is. My idee het baie vinnig verander toe my ouma oorlede is April 2025. Ek het toe besluit om n deel van haar saam met my te dra op my matriek afskeid. Haar gunsteling kleur was wynrooi, daarom het ek op n wynrooi rok besluit. Die "princess gown" effek van my rok is iets waarvan ek nog altyd gehou het, veral hoe dit in die rondte draai as ek dans. Die strikkie agter op my rok is my gunsteling deel van die rok want ek was nog altyd mal oor groot strikkies. Die silwer belt op my rok bring elegansie in, en ek voel dit bring die hele idee van die rok bymekaar. My rok verteenwoordig nie net wie ek is as persoon nie, maar ook wie die belangrikste persoon in my lewe was, en dit was my ouma. Ek is so dankbaar ek kon haar saam met my dra op my spesiale dag.

What was your favorite part of your matric prom dress?

Vir my, beteken my matriek afskeid rok meer as net n rok wat ek vir een dag gedra het. Ek sien dit as n opsomming van wie ek is, waarvan ek hou, en iets waarna ek kan terug kyk in die toekoms. Dit is iets wat ek vir my kinders eendag kan wys, en die belangrikste is dat die rok my aan my ouma herinner. Ek weet sy sou mal gewees het oor die rok.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media