Ismé Pretorius

Hoërskool Klerksdorp

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Hoërskool Klerksdorp

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Le Roux Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wil n rok gehad het wat my kleindogtertjiedroom om soos n feeprinses te lyk, uit te beeld. Die rok het my Plein Jane persoonlikheid uitgebring want ek is gewoond aan n kortbroek en vellies...nie hakke nie. Die broek wys dat ek sterk en gemaklik is om my eie rigting te kies, al is dit in ’n wêreld vol rokke. Steeds bly ek ’n plaasmeisie met ’n moderne draai en 'n droom van n mooi rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok is meer as net ’n rok. Dit is ’n simbool van die sukses wat ek al tot dusver bereik het. As ’n plaasmeisie wat gewoond is aan vellies, sonsondergange en stofpaaie, was dit vreemd maar tog die droom om in ’n rok en hakke te wees. Dit laat my trots voel, want dit wys dat ek kan skitter sonder om te vergeet waar ek vandaan kom. My rok vertel die storie van ’n eenvoudige meisie met groot drome en ’n hart vol plaasliefde wat streef im my naaste te help.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om op die dansvloer te wees saam al my vriendinne en die geselligheid om as n graadgroep vir oulaas tyd saam te geniet.

Planne vir na matriek

Ek gaan LLB swot en het reeds keuring gekry. Ek wil sukses bereik en streef om ander om my te help.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kattekwaad

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media