Ismé Pretorius
Hoërskool Klerksdorp
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Kattekwaad
What was your inspiration for your matric prom dress?
Ek wil n rok gehad het wat my kleindogtertjiedroom om soos n feeprinses te lyk, uit te beeld. Die rok het my Plein Jane persoonlikheid uitgebring want ek is gewoond aan n kortbroek en vellies...nie hakke nie. Die broek wys dat ek sterk en gemaklik is om my eie rigting te kies, al is dit in ’n wêreld vol rokke. Steeds bly ek ’n plaasmeisie met ’n moderne draai en 'n droom van n mooi rok.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My matriekafskeidrok is meer as net ’n rok. Dit is ’n simbool van die sukses wat ek al tot dusver bereik het. As ’n plaasmeisie wat gewoond is aan vellies, sonsondergange en stofpaaie, was dit vreemd maar tog die droom om in ’n rok en hakke te wees. Dit laat my trots voel, want dit wys dat ek kan skitter sonder om te vergeet waar ek vandaan kom. My rok vertel die storie van ’n eenvoudige meisie met groot drome en ’n hart vol plaasliefde wat streef im my naaste te help.
Date of matric farewell?
2025-10-01