Anneke Du Toit

Die Hoërskool Wonderboom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Botter klapper

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok begin al in graad 8, toe ek en my beste vriendin ure op Pinterest deurgebring het – giggelend en dromend oor ons toekomstige matriekafskeid, en ek het toe reeds geweet ek wil iets dra wat daardie oomblikke weerspieël. Ek het besluit op ’n elegante one-shoulder ontwerp.Die keuse wat nie net my styl uitbeeld nie, maar ook die herinneringe en emosie agter die rok Maar my matriekafskeidrok voel vir my meer as net materiaal. Dié rok dra ook die herinnering van die een met blou oë en ’n blou baadjie , iemand wie ek lank raakgesien het by die skool, te skaam om te groet, tot ek moed gevind het. Maar ook aan my ma: hoe ons deur swaar tye saam planne gemaak het om die rok te realiseer, en hoe ek opgewonde alles met haar kon deel en ook van die wonderlike "oukie" Hierdie rok dra ons storie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Net soos my rok, het alles soos ’n wonderwerk gevoel , ’n oomblik waar dit met ñ screenshot van die rok begin het. In ’n tyd toe alles onmoontlik gevoel... ,oor hoe ons dit gaan regkry,laat maak ens. en dinge het stadig begin in plek val. Die Here het voorsien, en ek het geleer om te vertrou. Koningsblou het nie net vir my mooi gelyk nie — dit het gevoel soos dankbaarheid, geloof en Sy liefde.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media