Anneke Du Toit

Die Hoërskool Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Deur ñ wonderlike vrou met ñ hart van goud Jennifer Venter (Jenny's creations), haar besigheid bestaan uit: Bespoke clothing for any occasion, Fifth Avenue Collection jewellery printing and embroidery

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok begin al in graad 8, toe ek en my beste vriendin ure op Pinterest deurgebring het – giggelend en dromend oor ons toekomstige matriekafskeid, en ek het toe reeds geweet ek wil iets dra wat daardie oomblikke weerspieël. Ek het besluit op ’n elegante one-shoulder ontwerp.Die keuse wat nie net my styl uitbeeld nie, maar ook die herinneringe en emosie agter die rok Maar my matriekafskeidrok voel vir my meer as net materiaal. Dié rok dra ook die herinnering van die een met blou oë en ’n blou baadjie , iemand wie ek lank raakgesien het by die skool, te skaam om te groet, tot ek moed gevind het. Maar ook aan my ma: hoe ons deur swaar tye saam planne gemaak het om die rok te realiseer, en hoe ek opgewonde alles met haar kon deel en ook van die wonderlike "oukie" Hierdie rok dra ons storie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Net soos my rok, het alles soos ’n wonderwerk gevoel , ’n oomblik waar dit met ñ screenshot van die rok begin het. In ’n tyd toe alles onmoontlik gevoel... ,oor hoe ons dit gaan regkry,laat maak ens. en dinge het stadig begin in plek val. Die Here het voorsien, en ek het geleer om te vertrou. Koningsblou het nie net vir my mooi gelyk nie — dit het gevoel soos dankbaarheid, geloof en Sy liefde.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek het gedink my tannie sou ons fotos neem, maar toe ons by die venue aankom, het ek uitgevind van die "verrassing" — hulle het ’n fotograaf gereël. Terwyl ek in die kar wag en my kêrel en sy gesin sien buite staan , het my hart amper uit my bors geklim. Ek kon nie glo ek gaan met hóm nie. Dit was ’n ongelooflike tyd, al het ek aanvanklik onseker gevoel oor my grimering , het ek later opgehou warrie of die een oog meer wit op het as die ander oog. Ek het besef al die inperfeksies was deel van die oomblik. Die ondersteuning, die komplimente, die liefde dit was my hoogtepunt. Ek kon sien hoe ek gegroei het: van ’n stil, skaam meisie wat rokke gehaat het, tot iemand wat haarself begin vind en so mooi gevoel het . Nie net van buite nie, maar van binne ook.

Planne vir na matriek

My groter doel is om BCom Human Resources te studeer terwyl ek by ’n Besigheid werk en studeer. Ek glo dit sal my help om praktiese ervaring en akademiese kennis gelyktydig op te bou. Benewens my studies wil ek ook weer begin omsien na my fisiese welstand — Dis vir my belangrik om balans te handhaaf tussen liggaam en gees, veral in hierdie nuwe fase van my lewe.

Gunsteling woord in Afrikaans

Botter klapper

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Like what you see?

Share on Social Media