Arashel Stevens

Hoërskool Waterkloof

Ouderdom

17 jaar oud

Skool

Hoërskool Waterkloof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Trés Jolie Bridal and Evening Wear, in Pretoria, gekoop en dit is deel van die Alyce Paris reeks. Die kleur is 'periwinkle', wat in die lig speel en verskillende kleure blou en pers weerspieël. Die woord 'periwinkle', word in Afrikaans vertaal as die maagdeblom of die "kannie-dood" wat 'n ou-stylse plat blommetjie met 5 blaartjies is. Die tema word dan op die bo-lyfie herhaal met die geborduurde blommetjies en kralewerk van verskillende kleure blou en pers. Die bo-lyfie het 'n korsetontwerp wat afvloei na die romp wat in verskillende lae en kleure materiaal en net oor mekaar lê. Die rok is reg uit 'n sprokiesverhaal, net soos Aspoestertjie wat deur die goeie fee opgetower is om in haar prinsesrok na die bal te gaan.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Omdat ek 'n balletdanser is, was dit my droom om altyd in 'n pienk rok na my matriekafskeid te gaan. Ek wou ook altyd materiaal hê wat gedrukte blommotiewe op gehad het en het van kleins-af reeds prente en idees begin versamel. Toe die groot opgewondenheid aanbreek en ek die dag rokke moes begin aanpas is hierdie rok onbepland en op die ingewing van die oomblik ook bygevoeg. Die rok het my gekies en met kloppende hart het ek besef dat dit die feeprinses-droom sal laat bewaarheid word. Dit is verfynd en vroulik, maar met die speling van die verskillende kleure en teksture wat glimmer in die son en lig, 'n teken van uitbundige vreugde, vrolikheid en 'n vars energie.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die blou en pers blommetjies op die bo-lyfie wat die maagdeblom of "Kannie-dood" uitbeeld wat afvloei na die 6 lae materiaal wat draai en swaai soos ek loop en dans, het my bekoor en soos 'n regte feeprinses laat voel. Dit is vir my besonders spesiaal, omdat die kleur van die rok sowel as die blommetjie se naam 'n dubbele betekenis het.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media