Arashel Stevens
Hoërskool Waterkloof
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Yes
What was your inspiration for your matric prom dress?
Omdat ek 'n balletdanser is, was dit my droom om altyd in 'n pienk rok na my matriekafskeid te gaan. Ek wou ook altyd materiaal hê wat gedrukte blommotiewe op gehad het en het van kleins-af reeds prente en idees begin versamel.
Toe die groot opgewondenheid aanbreek en ek die dag rokke moes begin aanpas is hierdie rok onbepland en op die ingewing van die oomblik ook bygevoeg. Die rok het my gekies en met kloppende hart het ek besef dat dit die feeprinses-droom sal laat bewaarheid word. Dit is verfynd en vroulik, maar met die speling van die verskillende kleure en teksture wat glimmer in die son en lig, 'n teken van uitbundige vreugde, vrolikheid en 'n vars energie.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Die blou en pers blommetjies op die bo-lyfie wat die maagdeblom of "Kannie-dood" uitbeeld wat afvloei na die 6 lae materiaal wat draai en swaai soos ek loop en dans, het my bekoor en soos 'n regte feeprinses laat voel. Dit is vir my besonders spesiaal, omdat die kleur van die rok sowel as die blommetjie se naam 'n dubbele betekenis het.
Date of matric farewell?
2025-10-02