Ijanke Naude

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Glinster

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie agter my matriekafskeidrok was nog altyd tydlose glamour met 'n bietjie moderne prinses-vibes. Ek wou iets hê wat daardie "wow" gevoel gee - iets wat jy net een keer in jou lewe dra. Goue kleure het my nog altyd laat dink aan selfvertroue, warmte en lig, en ek wou hê my rok moes presies dit uitstraal. Dit was vir my belangrik dat dit stylvol bly, maar steeds jonk en sprankelend lyk, soos ek voel in hierdie nuwe begin van my lewe.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok beteken LIG. My rok is 'n goue, glinsterende ontwerp met sagte lae en fyn borduurwerk wat ongelooflik elegant val. Ek het van die begin af geweet ek wou iets hê wat uitstaan maar steeds stylvol en vroulik bly. My rok se pasvorm beklemtoon my figuur op 'n pragtige natuurlike manier en die detail van die materiaal laat dit voel soos 'n kunswerk wat spesiaal vir my gemaak is.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media