Liané Kruger

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Tuisdorp

Alberton

Skool

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp & gemaak met baie liefde & passie deur Marius de Jager van "Design by Marius". Hy het my droom presies vasgevang soos in my gedagtes. Ek kan met 'n ope hart sê dat hy die ekstra myl stap van begin tot einde.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het begin toe ek op 11 jarige ouderdom verlief geraak het op 'n rok van 'n Turkse ontwerper genaamd Tarik Ediz. Ek het hierdie foto vir jare by my gedra en my keuse het nooit verander nie. Dit was vir my belangrik dat my hele uitrusting - die rok, skoene, hare, grimering asook my naels alles elegant en stylvol was om my sterk lewenswaardes uit te beeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het besluit op geel want ek is in almal se oë ‘n sonneblom wat altyd na die lig toe draai. Geel is nie net ook my gunstelling kleur nie, dis ook ‘n pragtige refleksie wat positiewe energie & emosies van gelukkigheid, optimisme, hoop en helderheid uitbeeld. Ek het spesifiek die fyn blomme detail op my rok gekies want my leuse in die lewe is blom waar jy geplant is. Die baie lae materiaal is om die verskillende lae van my persoonlikheid en gawes uit te beeld. Die sagte materiaal op my skouers herinner my daaraan dat ek altyd lig moet dra, al is die lewe soms swaar. Dit simboliseer die sagte, maar tog sterk dele van my hart. Die strikke bind my herinneringe, drome en die mense wat my gevorm het soos ‘n lint wat alles mooi bymekaar hou.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit is baie moeilik om net een hoogtepunt te noem, dit was 'n ongelooflike spesiale dag en ek kan met eerlikheid sê die HELE dag was vir my 'n hoogtepunt. Die rok, die kar, my hare & grimering, alles was presies soos ek van dit gedroom het. My foto-sessie by die Randse lughawe met vliegtuie & helikopters was onvergeetlik en het my asem weggeslaan. Maar as ek iets moét uitsonder, sal dit wees dat my oupa's & ouma my nog kon sien op dié groot dag, en dat ek die voorreg gehad het om my engel-ouma se juwele te kon dra op my spesiale dag. Ek weet sy het sonder twyfel vanuit die Hemel my lig nog helderder laat skyn. Dit was ongelooflik om so spesiaal en geliefd te voel!

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek graag 'n positiewe rolmodel wees vir kinders met leerprobleme, om vir hulle te wys dat elkeen uniek is en dat sukses verskillende vorms kan hê. Ek glo daarin mens moet jou eiers in verskillende mandjies hê, dus wil ek ook verskeie rigtings en geleenthede verken om die beste weergawe van myself te word. My groot droom vir wanneer ek 21 is, is om as lugwaardin vir Emirates te vlieg en die wêreld te sien terwyl ek mense se drome help waar maak. Eendag wanneer dit dan tyd is om rustiger te raak, sal ek ook dan graag my eie bakkery & deli wil oopmaak (hopelik in 'n klein dorpie...) om alles wat ek van die wêreld se lekker geleer het, vir mense daar beskikbaar te stel.

Gunsteling woord in Afrikaans

Ek het twee.... Asseblief & Dankie

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media