Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Ek het twee.... Asseblief & Dankie
What was your inspiration for your matric prom dress?
My inspirasie het begin toe ek op 11 jarige ouderdom verlief geraak het op 'n rok van 'n Turkse ontwerper genaamd Tarik Ediz. Ek het hierdie foto vir jare by my gedra en my keuse het nooit verander nie. Dit was vir my belangrik dat my hele uitrusting - die rok, skoene, hare, grimering asook my naels alles elegant en stylvol was om my sterk lewenswaardes uit te beeld.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Ek het besluit op geel want ek is in almal se oë ‘n sonneblom wat altyd na die lig toe draai. Geel is nie net ook my gunstelling kleur nie, dis ook ‘n pragtige refleksie wat positiewe energie & emosies van gelukkigheid, optimisme, hoop en helderheid uitbeeld. Ek het spesifiek die fyn blomme detail op my rok gekies want my leuse in die lewe is blom waar jy geplant is. Die baie lae materiaal is om die verskillende lae van my persoonlikheid en gawes uit te beeld.
Die sagte materiaal op my skouers herinner my daaraan dat ek altyd lig moet dra, al is die lewe soms swaar. Dit simboliseer die sagte, maar tog sterk dele van my hart. Die strikke bind my herinneringe, drome en die mense wat my gevorm het soos ‘n lint wat alles mooi bymekaar hou.