Zietske Hayward
Potchefstroom Gimnasium
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Potchefstroom Gimnasium
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het geel gekies en die die ontwerp omdat dit vir my ’n kleur van vreugde, lig en die begin van nuwe avontuur oppad. Dit simboliseer die son, warmte en positief wees – presies hoe ek gevoel het oor hierdie spesiale aand wat ’n einde aan een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een beteken het.
Geel het my laat uitstaan, maar op ’n sagte en gelukkige manier. Dis ’n kleur wat mense laat glimlag, en dit herinner my daaraan om altyd lig en vrolikheid saam met my te dra, maak nie saak waarheen die lewe my neem nie.
Ek wou hê my rok moes nie net mooi wees nie, maar moes iets van my persoonlikheid wys – my liefde vir lewe, vir mense, en vir die mooi dinge om my. Geel was die perfekte keuse om daardie deel van myself te vier.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
As ek eerlik moet wees, dink ek ek het van elke deel van my rok gehou – die vloei van die materiaal, en hoe die bostuk die onderste gedeelte perfek gekomplimenteer het. Alles het saam ’n balans van elegansie en eenvoud geskep wat vir my besonders gevoel het
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02