Reëls

SARIE Matriekafskeidrok van die Jaar: Hier’s die reëls

  1. Om in te skryf, moet jy tans in graad 12 wees. Dit moet jou matriekafskeid wees.
  2. Jy moet ’n SA of Namibiese burger wees. Jou Matriekafskeid moet in 2026 plaasvind.
  3. Jy mag deur iemand anders (ma, vriendin, vriend, ouma) ingeskryf word.
  4. Skryf met 3 verskillende foto’s in op matriekrok.sarie.com. Jou foto’s moet in die formaat van ’n JPEG of PNG wees, en moet tussen 1MB en 6 MB wees en in fokus. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie. Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie. Sou jy probleme met jou inskrywing ondervind, kontak Johan Terblanche by johan.terblanche@media24.com
  5. Inskrywings maak oop op Donderdag 1 Oktober 2026 en sluit Vrydag 6 November 2026 om 23:59. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  6. 13 finaliste word gekies: Die beoordelaars kies 10, PLUS SARIE-lesers kies 3 deur op matriekrok.sarie.com te stem. Daar is net een wenner.
  7. SARIE-lesers kan vir hulle gunstelingrok van Maandag 9 November tot Sondag 15 November 2026 stem. Die top-13 finaliste word op matriekrok.sarie.com en SARIE.com op Dinsdag 1 Desember aangekondig. ’n Maksimum van een stem per kieser word per dag toegelaat.
  8. Geen gerekenariseerde of geoutomatiseerde stemme (“bots”) sal in aanmerking geneem word nie.
  9. Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie. Die wenner, gekies deur die beoordelaars, sal in SARIE se Januarie/Februarie 2027-uitgawe verskyn.
  10. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere kommunikasie sal plaasvind nie.
  11. LW: Administrasiegeld van R150 per inskrywing is betaalbaar.
  12. Alle bepalings en voorwaardes geld. Leer hiér meer: https://www.24.com/gebruikersvoorwaardes/