Lané Pieterse
Hoërskool Rustenburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie met betrekking tot die rok was 'n foto wat ek op Pinterest gesien het, maar die oranje het ek gekies omdat dit vir my 'n herinnering is van die sonsondergang in ons omgewing en laataand kuiers om die vuur. Die kleur het defnitief vir my selfvertroue gegee. Die dramatiese moue moes die hoogte punt wees, wat wys ek is reg vir die nuwe fase in my lewe.
Ek wou nie net 'n mooi rok hê nie, maar dit moet ook my persoonlikheid weerspieël.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeid rok was natuurlik my moue !!
Dit het beslis my rok uniek gemaak en dadelik die "wow" effek gegee waarna ek opsoek was.
Die kombinasie tussen my rok se kleur en die moue het vir my die perfekte balans gegee tussen drama en styl.
Datum van matriekafskeid?
2025-09-23