Dis tyd om die swart skoolskoene uit te skop en die hakskoene nader te trek – dis jou kans om uit te blink! Vanjaar soek SARIE weer die land se mooiste matriekafskeidrok.
Dis weer die seisoen waaroor hoërskoolmeisies droom – daardie spesiale aand wanneer dit jóú beurt op die rooitapyt is. Die nuwe SARIE Matriekafskeidrok van die Jaar-wedstryd gee aan SARIE se jonger lesers die geleentheid om met hulle rokke te spog en te inspireer binne die veiligheid van die SARIE-gemeenskap. Die wedstryd, waarvan die groot prys is om in SARIE se Januarie/Februarie-uitgawe te verskyn, was so suksesvol vorige jare dat dit vanjaar weer gehou word.
Hoe neem jy deel?
Betaal slegs R100 en kry toegang tot skoonheid en modeberigte spesiaal uitgesoek vir tieners asook die geleentheid om gratis vir die Matriekafskeidrok van die Jaar-kompetisie in te skryf.
Jou inskryf-foto’s moet só lyk
Drie foto’s word toegelaat in JPEG- of PNG-formaat en moet kleiner as 6 MB wees. Hier is ’n paar foto’s van vorige finaliste om as riglyn te gebruik.