Pryse

Dis weer die seisoen waaroor hoërskoolmeisies droom – daardie spesiale aand wanneer dit jóú beurt op die rooitapyt is. Die nuwe SARIE Matriekafskeidrok van die Jaar-wedstryd gee aan SARIE se jonger lesers die geleentheid om met hulle rokke te spog en te inspireer binne die veiligheid van die SARIE-gemeenskap. Die wedstryd, waarvan die groot prys is om in SARIE se Januarie/Februarie-uitgawe te verskyn, was so suksesvol vorige jare dat dit vanjaar weer gehou word.