Zylia-marie Du Toit

Afrikaans Hoer Meisies Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek dink elke meisie beplan ha matriek afskeid rok al van graad 8 af, ek het toe al beplan om die mooiste rok te laat maak wat by my pas en elke aspek van my atletiese geboude lyf komplimenteer en 5 jaar later is ek bly ek het vir Gerrit Pienaar en die groen kleur vir die rok gekies en my fotos wat ek by Kievits kroon in Pretoria laat neem het, het gepas by die kaapse tema wat ek wou uitbeeld met die wit huise met kaapse boustyl en met my pa wat van die kaap af kom, het dit my ook nader aan hom laat voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoer Meisies Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my rok laat maak deur Gerrit Pienaar, nadat hy rokke vir ons Gr 11's dmv 'n modeperade bekendgestel het by ons skool vir fondsinsameling vir die 2022 Matriek Afskeid en hy het ook Mej Affie geborg. Ek het toe my gr 11 Bal rok by hom gehuur en geweet sy eerlikheid, oog op styl en elegante benadering sal baie help om 'n rok te kry vir my Matriek Afskeid wat my lyf sal komplimenteer. Hy het my rok spesiaal vir my ontwerp. Die rok is "sage green" wat my blou oe laat uit staan met gedrapeerde materiaal wat langs my skouers afhang, dit laat my skouers sagter voorkom oorrede ek netbal en atletiek doen is ek baie sterk gebou en het ek bree skouers. Die hoë slit wys my mooi atletiese bene en haal die aandag van my skouers af en die drapering oor die bors is sag en elegant, wat dit soos n prinses rok laat voel en lyk het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My heel gunsteling deel van my rok was, eerstens die kleur en dan die onwerp om my skouers wat so sag gehang het, dit het verseker my bree skouers kleiner laat lyk. Ek was mal oor my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media