Zualize Booyse

Zualize Booyse Zualize Booyse Zualize Booyse

Ouderdom

18

Tuisdorp

Nylstroom/Modimolle

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Nylstroom, Nylstroom/Modimolle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My gunsteling sprokie was nog altyd Aspoestertjie, veral die lewendige rolprentweergawe. Daardie blou rok, die lae materiaal en die vlinders op haar skouers het my kinderlike verbeelding aangegryp. Die klein feetjiekind in my het nog altyd van so 'n bietjie 'Magic' gedroom.

Ek het nie 'n tannie met 'n towerstaf gehad nie, maar iewers in daardie oomblik het ek die kinderdroom herken wat ek al soveel jare saam met my dra.

In al die jare waar ek op die paviljoene sit en beplan kon net nooit myself met hakskoene sien daar loop nie. Die bekende ligblou Aspoestertjie-rok het dalk plek gemaak vir 'n meer moderne weergawe en die glaskoene is vir tekkies verruil

Net soos Aspoestertjie was dit net vir een aand, maar hierdie keer het ek die herinneringe saam met my huis toe geneem.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media