Zoey Kehl

Hoër Landbouskool Oakdale

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is ń fyn beplande ontwerp geskep deur Alinda Minnie van Lily’s Boutique in Mosselbaai. Die rok bestaan uit vier lae lap waarvan die onderste laag van n satyn mengsel materiaal gemaak is met n marble patroon op. Die middelste twee lae is van n vesel-kleurige net gemaak en die heel boonste laag is van n ligte pienk glitter toulle materiaal gemaak. Die boonste deel van die rok is n corsette met plooitjies reg om en die onderste deel van die rok is n half sirkel romp met n diamant beltjie vas gestuk om die fyner detail te beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Landbouskool Oakdale

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok was geïnspireerd deur ń ontwerp van die filipynse modeontwerpers, Monique Lhuilier. Ek het laas jaar op die pragtige ontwerp af gekom terwyl ek besig was om na rokke te lyk op die bekende sosiale platform, Pinterest.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is definitief die romp gedeelte. Die kombinasie van die sagte voue en die glitter wat n sprankel effek gee het my soos n regte feë prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media