Zoë van Schalkwyk

Trinityhouse High School Randpark Ridge

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Gedoente

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou van die begin af nie 'n dramatiese kleur dra nie. Ek is van nature bietjie skaam en die ligte pienk het die kind in my, asook volwassenheid saamgebring in een rok. Lily James het 'n soortgelyke rok gedra by die Academy Awards in 2022. Alhoewel ek toe in Graad 9 was, het ek geweet dis wat ek wou hê. Dis eevoudig, sag en elegant. Nes ek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hierdie rok dra baie betekenis. Die rok is lig, klassiek en sag. Daar is 'n element van pret. Ek moet erken, die rok was baie swaar ook! Amper soos my matriekjaar. By tye was die lewe sag en pienk. My swem-en netbalseisoen was gevul met lag en pret. Ander tye bietjie swaarder - veral omdat ons heeltyd moet studeer. Die druk is voorwaar daar.

Datum van matriekafskeid?

2025-09-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media