Zoë Morgan

Hoërskool Brandwag

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Aangesien ek nie gewoonlik 'n "dame" is wat baie rokke dra nie, wou ek graag hê dat my matriekafskeid rok iets wees wat niemand sou verwag nie. My goue skepping is gemaklik en inkorporeer beweging met die sagte , vloeiende stukkies lap — wat almal effens verskillend is, maar tog ‘n eenheid vorm. Dit is alles in die detail vir my, elke stukkie geplooide lap is per hand gesny en vas gewerk. My ontwerper Chantè van Bella Mè Boutique, se oog vir detail het alles bygedra tot die finale skepping.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Brandwag

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het net 'n prentjie in my kop gehad. Met my afspraak by my ontwerper het ek 'n paar rok fotos saamgeneem om die idee te probeer vasvang op papier. Met ons eerste afspraak by Bella Mè Boutique het my droom rok met 'n ontwerpers skets waar geword. Goud was ‘n duidelike keuse om ‘n gevoel van elegansie en luuksheid te skep. Ek wou ‘n rok hê wat ‘n “show-stopper” is, en die rok het werklik geslaag om die oog te vang!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die unieke ontwerp met die "pleating" lap, wat veral nou weer in mode is was vir my die deel wat uitgestaan het. Die verskillende teksture en kleure materiaal, het die rok na lewe gebring en pragtig afgerond. Om iets anders te doen as die norm was die lekkerste deel. Die rok pas by my persoonlikheid perfek - ek voel nog altyd dat ek uniek is en nie in almal se boksie pas nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media