Zoë Malherbe

Hoër Meisieskool La Rochelle

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Avontuur

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek glo in my eie styl. Ek probeer outentiek leef ,veral in n wêreld waar sosiale media probeer om my te vorm. In my rok het ek gemaklik gevoel. Ek kon draai en dans en met selfvertroue beweeg.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit verteenwoordig my metamorfose van skooldogter na jong meisie. Hoërskool is nie net akademie of sport/kultuur ontwikkeling nie, maar ook persoonlike ontwikkeling. Ek is nie meer die onseker dogtertjie wat Gr 8 by La Rochelle ingestap het nie. Ek ken myself beter, ek ken my storie, dit wat my gevorm het en is oop vir die avonture wat na-skool op my wag. Ek is braaf en getrou aan myself en onsettend Geliefd. My rok verteenwoordig wie ek is. Daarom het ek n klassieke styl gekies,met n bietjie verwondering( my skouerband en op my slit is geborduur 'Beloved'.)

Datum van matriekafskeid?

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media