Zoë Malherbe

Hoërskool Merensky

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n jong, dinamiese ontwerper kry wat in voeling is met tieners. Ek en Lynmarie Griffioen het net onmiddellik "geclick". Ek wou iets unieks hê, sonder om "weird" te gaan. Soms kan mens uniekheid oordoen, dan lyk mens soos 'n papegaai wat pronk by 'n skou. Ek wou steeds my Zoë identiteit behou met my rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Elke dogter droom van kleins af oor haar sprokies matriekafskeidrok. Ek het baie drome gehad, maar my prentjie het telkemale verander. Ek het geweet as ek by die regte Ontwerper kom, sy my persoonlikheid sal sien, en dan met voorstelle vorendag kom. Donkerblou het nog altyd met my gepraat, ek hou van die diepte van die kleur, en het gevoel dit komplimenteer my blou oë en blonde hare.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die feit dat my rok kan verander. Ek kan dit met die net dra, wat ekstra dimensies aan die rok gee, of die net afhaal, en dan steeds plein en elegant voorkom. Dis soos 'n rok met 'n "twist". Ek het gemaklik gevoel in my rok, en dit "boost" mens se selfvertroue, wat baie nodig is as jy voor 'n skare oor die loopplank moet paradeer.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media