Zoë Malherbe

Hoër Meisieskool La Rochelle

Tuisdorp

Paarl

Skool

Hoër Meisieskool La Rochelle

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het vir lank gesoek na n rok waarin ek myself sal voel. Saam met my ma se vriendin ( Tannie Annette) het ons my prentjie verfyn. My rok het presies gelyk soos die prentjie in my kop.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek glo in my eie styl. Ek probeer outentiek leef ,veral in n wêreld waar sosiale media probeer om my te vorm. In my rok het ek gemaklik gevoel. Ek kon draai en dans en met selfvertroue beweeg.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit verteenwoordig my metamorfose van skooldogter na jong meisie. Hoërskool is nie net akademie of sport/kultuur ontwikkeling nie, maar ook persoonlike ontwikkeling. Ek is nie meer die onseker dogtertjie wat Gr 8 by La Rochelle ingestap het nie. Ek ken myself beter, ek ken my storie, dit wat my gevorm het en is oop vir die avonture wat na-skool op my wag. Ek is braaf en getrou aan myself en onsettend Geliefd. My rok verteenwoordig wie ek is. Daarom het ek n klassieke styl gekies,met n bietjie verwondering( my skouerband en op my slit is geborduur 'Beloved'.)

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was defnitief om al my vriendinne te sien in hul rokke. Elkeen uniek. Om saam met hulle ons skoolloopbaan te vier, was n voorreg.

Planne vir na matriek

Ek beplan om by Maties BA Geesteswetenskap( Antropoloie) te studeer. Die kursus pas my soos n handskoen.

Gunsteling woord in Afrikaans

Avontuur

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media