Zoe Louw
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Die Hoërskool Menlopark in Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok kom uit Matteus 5:14: “You are the light of the world.” En wat skyn nou helderder as oranje? En watter kleur sê nou meer van liefde as pienk? Ek wou hê my rok moes lig, vreugde en liefde uitstraal!
Ek was van die begin af verlief op die idee van plooie, veral omdat dit “sunray pleats” genoem word. Dit het so mooi by my inspirasie gepas en die hele tema van my rok bymekaargebring.
My heel gunstelingdeel van die rok was die klein vingerhakkie waarmee ek my sleep kon optel wanneer ek dans. Dit was nie net prakties nie, maar het my ook soos 'n regte prinses laat voel terwyl ek die aand omgedans het!
