Zoë Karsten

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vandat ek in 2019 blootgestel is aan die skeppings van Stephen van Eeden was dit 'n maklike besluit wie my rok moes ontwerp. Ons konsultasie het begin met 'n lysie moets en moenies. Een feit wat ek sonder twyfel by gestaan het - dit moet geel wees (dit was al van jongs af my droom), vir die res was ek redelik oop vir interpretasie. Ek wou beslis iets anders en uniek hê maar wat as klassiek beskryf kon word eerder as vreemd en ander-wêrelds. Stephen van Eeden se leuse "we don't make dresses, we make dreams come true" kon in hierdie geval nie meer waar wees nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Prinses Belle van Beauty and the Beast het 'n groot rol gespeel in my finale keuse en afronding, veral in my haarstyl, my metgesel se pak en speldruiker. Die komplimente tydens 'n kostuumpartydjie waar ek haar voorkoms gemimiek het, het my oortuig ek is op die regte pad.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok! As ek iets moet uitsonder, die besondere a-simmetriese neklyn wat ryklik met kristalle versier is en die sagte afhaalbare mantel wat om my gevloei en vou het as ek beweeg het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-06

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media