Zoe-Jane Swart

Protea Hoogte Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou iets uniek dra vir die spesiale dag en het daarom besluit om my eie rok te ontwerp en maak. Ek doen naaldwerk al vir 5 jaar en dit was vir my `n lekker uitdaging om my kennis en vaardighede te toets. Die rok is `n modeverklaring, want ek is `n introvert en hierdie rok wys dat daar ook `n kreatiewe, uitdagende en elegante kant aan my is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Protea Hoogte Akademie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou weg breek van die norm en iets anders dra as die gewone balrok of satyn rok. Ek is baie lief vir die see dus het ek dadelik verlief geraak op die kant met silwer en groen seewier patrone. Soos golwe vorm die materiaal oor die kurwes van my liggaam met die slee onder wat soos branders uitvloei.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die lae hals voor en rug snit asook die slee aan die agterkant.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media