Zoë Herbert
Hoërskool Bastion
Tuisdorp
Krugersdorp
Skool
Hoërskool Bastion
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Hettie van Wyk
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die Skoenlapper simboliseer transformasie en nuwe begin. Die kleur blou bring 'n gevoel van rustigheid, selfvertroue en bietjie misterie. Dit wys dat ek sag is, maar steeds krag dra. Die ontwerp van daardie gevoel van ligtheid, beweging en vryheid vas, dis asof die rok self sê "ek het deur verandering gegroei en ek kom mooier daaruit"
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok is nie net 'n rok nie, dit is 'n moment van hoe ek gegroei het deur die jare.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my Matriekafskeid was toe ek besef het, dit is my aand, na 12 jaar se swoeg en sweet is ek uiteindelik hier. Die dag en rok waaroor ek so lank al gedroom het, het 'n realiteit geword en om hierdie spesiale dag en oomblik saam met my ouers, broers, Oumas en Oupas En Vriende kon deel, was regtig so Spesiaal. Ek is so Dankbaar....
Planne vir na matriek
Na skool gaan ek by NGI College, Sport Bestuur te studeer, my plan is om my passie vir sport en alles wat dit behels oor te dra na ons jonger generasie.
Gunsteling woord in Afrikaans
Slaap
Datum van matriekafskeid
2025-10-13