Ek het my inspirasie van TikTok videos gekry. Die asemrowende dames in hul rokke van die vorige jare het my aandag onmedellik getrek. Die besluit om n rooi rok te kry was onverwags. Ek het net drie rokke aangepas ingesluit die rooi rok. Ons het toe die winkel verlaat en ek het weer na al die fotos gekyk. Die rooi rok het vir my uitgestaan en toe kies ek daardie een.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit was die hoogtepunt van my hele aand. Ek het soos n model gevoel toe almal na my gekyk het toe ek in kom. Die kleure verteenwoordig die persoon wat ek beplan om te wees; mooi en vol selfvertroue.