Zoë Abrahams

The Cape Academy of Mathematics Sciences and Technology

Tuisdorp

Mitchell’s Plain, Cape Town

Skool

The Cape Academy of Mathematics Sciences and Technology

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Authentic Self Bridal

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het my inspirasie van TikTok videos gekry. Die asemrowende dames in hul rokke van die vorige jare het my aandag onmedellik getrek. Die besluit om n rooi rok te kry was onverwags. Ek het net drie rokke aangepas ingesluit die rooi rok. Ons het toe die winkel verlaat en ek het weer na al die fotos gekyk. Die rooi rok het vir my uitgestaan en toe kies ek daardie een.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was die hoogtepunt van my hele aand. Ek het soos n model gevoel toe almal na my gekyk het toe ek in kom. Die kleure verteenwoordig die persoon wat ek beplan om te wees; mooi en vol selfvertroue.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van my matriekafskeid was die toespraak wat ek gelewer het. Ek het uiteindelik my vrees van voor mense praat oorgekom. In daardie oomblik het ek so baie selfvertroue gehad. Ek het so baie komplimente van my klasmaats en onderwysers gekry.

Planne vir na matriek

Ek beplan om by UWK te studeer om n tandaarts te word. Ek wil graag my eie praktyd oop te maak. Terwyl ek vir my graag studeer wil ek mense te help om aansoek vir befondsing tedoen. Ek wil mense help soos ek gehelp was. Ek wil n verandering in mense se lewens te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media