Zioné Erasmus

H/s Florida

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het altyd die idee gehad van hoe my droom rok moet lyk, maar nooit iets gekry om dit mee te vergelyk nie. Dus het ek besluit om my eie rok te ontwerp. Carike Nel is die persoon wat my rok gemaak het. Sy en haar span het my droom waar gemaak. My rok beeld alles uit van wie ek is. Ek het nog altyd 'n liefde gehad vir die natuur en fyn blommetjies en blaartjies. Die sagte silwer kleur van die rok beeld ook my lewens leuse uit "elke donker wolk het 'n silver randjie".

Skool se matriekafskeid bygewoon?

H/s Florida

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My insperasie het ek gekry van my ouer suster. Sy het 'n rok gedra wat haar so baie uitgebeeld het as persoon: gelukkig, sonskyn, liefde vir ewig. Dit het my laat wonder oor hoe ek myself kon uitbeeld as ek n rok moes dra. Iets wat "Zioné" sal skree sonder om woorde te gebruik. Nou ja, eindproduk = sprakeloos

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is verlief op elke fyn detail van my rok. Van die blaartjies op die skouer bandjies tot en met die sleep van my rok. Die skoonheid wat ek voel as ek die rok dra, die sagtheid en elegansie. Dit het my soos n regte prinses laat voel. Dit kon nie my meer as persoon uitgebeeld het nie. Die blinkers wat geskyn het in die aand het my ook herinner: Maak nie saak hoe donker of hoe klein jy voel nie...laat jou liggie altyd skyn.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media