Zianca Minnie
Hoërskool Fichardtpark
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
Hoërskool Fichardtpark
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het al as dogtertjie begin droom, teken, dink en ontwerp in my kop aan my sprokie rok. Ek het verskillende rokke se elemente saamgevat - Die sleep van een, die elegante rug van ñ ander die sagte voue oor die skouers van ñ derde en met my eie verbeelding het ek my droomrok begin vorm. Toe die tyd aanbreek om my rok te maak het Annamart, Ann Sofi in Bloemfontein my rok ñ werklikheid gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok was geinspireer deur die vuur wat al lankal in my brand - nie ñ vuur van trots nie, maar een van genade, geloof en innerlike krag. Ek het ingestap in my matriekafskeidrok nie net as ñ meisie wat klaar is met skool nie, maar as ñ dogter van God wat deur vuur gestap het en steeds blink.
My rok was champagne goud - nie net ñ kleur nie, maar ñ getuienis van die lig wat in my brand asook die lig van God se guns wat oor my lewe skyn.
Die oop rug en sagte stroke materiaal wat oor my skouers gevou het, het nie net elegansie gedra nie, dit het my broosheid en vroulikheid weerspieël - my krag saam gevou.
Die sleep wat oopgooi agter my is soos die pad wat ek al gestap het - swaar maar onbreekbaar. Die slip aan my regterbeen is ñ simbool van beweging. Van ñ vrou wat nie meer terugstaan nie - om vorentoe te stap met grasie en durf.
My vuur het nie begin brand toe ek hierdie rok aangetrek het nie, dit het lankal begin, toe ek geleer het om op te staan elke keer wat ek geval het.
Mense sien dalk net die glans, maar hulle weet nie van die gebede agter die glimlag nie. Hulle sien die styl, maar nie die stryd.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok vir my was nie net ñ rok wat ek gedra het nie, dit was ñ storie wat ek gedra het. Ek dra geloof. Ek dra hoop vir die hopeloses. Ek dra die koningkryk van my Vader in elke tree. En al is my rug oop, is my hart beskerm. Al is my nek ontbloot is my stem sterk.
Toe die aand kom wat ek my uiteindelik my matriekafskeidrok kon aantrek het ek nie net die rok aangetrek nie - ek het my karakter gedra. My rok was nooit net ñ rok nie. Dit was ñ droom wat waar geword het, ñ simbool van wie ek is, gevorm deur genade, gedra deur geloof en gebou vir iets groter.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van die matriekafskeid was beslis die kar(ford fairlaine) waarmee ons gegaan het. Dit was baie spesiaal vir my gewees, want dit was dieselfde kar waarmee my boetie in 2022 na sy matriekafskeid gegaan het. Die oom wie die kar bestuur het na my matriekafskeid was ook op ñ tyd ons buurman wat dit net so spesiaal gemaak het.
Vir ñ bonus was my metgesel nie net my metgesel vir die aand nie, maar ook my fotograaf.
Planne vir na matriek
Beplan om Arbeidsterapie te studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, maar dalk net eers vir ñ jaar die wêreld te gaan verken voor my studies.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sonvanger
Datum van matriekafskeid
2025-10-03