Zia van den Berg

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het ek pasklaar gekoop. Die kleur is antieke goud wat my gelaat komplimenteer en die bolyf van die rok het pragtige, gedetailleerde kralewerk. Die kralewerk is ook in antieke goud en gee besonderse tekstuur aan die rok. Die skouerbandjies is effens wyer wat 'n klein moutjie vorm en struktuur aan die geborduurde bolyf gee. Die rugkant het ook fyn kraleborduurwerk en is agter ingeryg. Die romp bestaan uit verskeie netlae wat die rok laat uitklok. Drie komplimenterende kleure net is gebruik in die onderlyf van die rok. Dit verleen 'n vloeiende effek wanneer ek beweeg en skep 'n gevoel van sagtheid.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n elegante rok he, wat my soos 'n prinses laat voel, sonder om my eie ek te oorheers. Die rok moes mooi wees, maar ook gemaklik en nie my beweging beinvloed nie. Ek wou graag 'n bietjie blink detail op die rok he, wat elegant vertoon en ook stylvol is. Dit was vir my belangrik om 'n rok te kies wat my persoonlikheid, gelaat en liggaamsbou komplimenteer, sonder dat die rok my as mens oorheers.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die fyn kraleborduurwerk en die romp met die vloeiende netkleure wat die rok lewendig laat vertoon. Die kleur van die rok was ook baie besonders vir my en het perfek by my hare en gelaatskleur gepas.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media