Zia Ludick

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

lekker

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het iets gesoek wat vroulik en tydloos is, maar steeds uniek , iets wat my persoonlikheid sou weerspieël. Aan die begin het ek glad nie geweet wat ek wou hê nie, so ek het op Pinterest gaan rondkyk vir inspirasie. Ek was dadelik aangetrek tot die sjampanjekleur, omdat dit sag en elegant is, maar tog op ’n besondere manier uitstaan. Ek het besluit om blommetjies by te voeg om die rok ’n unieke, dromerige gevoel te gee , iets wat my liefde vir detail en sagtheid weerspieël. Ek wou hê my rok moes wys wie ek is: vroulik, natuurlik en selfversekerd. Die belangrikste vir my was dat ek goed en mooi moes voel in my rok , nie net van buite nie, maar ook van binne. Dit is presies wat ek wou gehad het !

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok beteken vir my die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. Dit verteenwoordig groei, selfvertroue en die mooi balans tussen wie ek was en wie ek besig is om te word. Toe ek die rok aantrek, het dit gevoel asof dit vir my gemaak is. Die kleur, die blomme, alles het perfek saamgewerk. Ek gaan nie jok nie , ek kyk nogsteeds elke nou en dan na my rok se fotos !

Datum van matriekafskeid?

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media